Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Spiesgooi-afrigter Erich Wiese sterk by die huis aan na ‘n ernstige motorongeluk verlede week en gaan vir ‘n hele ruk buite aksie wees op die spiesgooibaan terwyl hy herstel van ‘n sleutelbeenfraktuur.

Daar is aanvanklik gevrees vir sy lewe nadat ‘n vragmotor in die kruising van Plataanlaan en die N12 teen sy Landrover Discovery gebots het. Erich is bewusteloos na die hospitaal gehaas en almal het vir die ergste gevrees. Hy is in die intensiewe sorgeenheid opgeneem en is vroeg die week na ‘n gewone saal oorgeplaas voordat hy ontslaan is.

 

Vanuit sy siekbed by die huis laat weet Erich hy kan nie genoeg dankie sê vir die Klerksdorp-gemeenskap se boodskappe en gebede nie.  “Al het ek nog nie aan almal teruggestuur nie, ek het dit gelees,’’ het hy gesê. “Ek is tuis. Gaan goed onder omstandighede. Steke is nog in en ek het nog ‘n ‘shoulder brace’ op vir die af sleutelbeen. Ergste op die stadium is bietjie swelling op die brein. Steke op my ken en kuit. Klomp klein snye."

Erich het gesê hy kan glad nie die ongeluk onthou nie, maar het gehoor van mense wat videogrepe van die botsing gesien het, dat die vragmotorbestuurder nie by die kruising gestop het nie. 

Klerksdorpers het op sosiale media gereageer dat die kruising veral snags baie gevaarlik is. 

Nadat Klerksdorp Rekord na die kruising as die ‘kruising van die dood’ verwys het, het past Stephen Kaalsen van die Herlewingsentrum hom daarteen uitgespreek en reel nou om Sondag 2 Maart, na kerk saam met sy gemeente daar te gaan bid. “Genoeg is genoeg. Ons wil die vloeke wat uitgespreek is gaan ‘cancel’ in Jesusnaam. Ons wil die grond gebied salf en die kruising opdra aan Jesus,’’ het hy in ‘n video boodskap op Facebook gesê.