Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Cuckoostraat in Irenepark het erg onder die onlangse vloed deurgeloop.

Overvaal Privaatskool wat in die straat geleë is, was onder water en groot skade is aangerig.




Die hoof, Jaco Geringer, het ‘n noodroep op sosiale media uitgestuur en gevra vir tydelike klaskamers vir 75 studente. Die skool word nou by NG Kerk La Hoff gehuisves. Volgens Geringer sou klasse weer vandeesweek hervat word. “Ons beplan om oor sowat ‘n maand terug te trek as alles weer skoon en droog is, die elektrisiteit herstel is en as ons geld van die versekering gekry het,” het hy gesê.

Hy het almal op sosiale media bedank vir die ondersteuning en het bygevoeg dat die kostes by die kerk heelwat minder is as wat op sekere platforms aangedui is.

“Dit is as R1 000 per dag aangedui, maar die kerkraad het ons geakkommodeer teen ‘n baie laer tarief. Weereens baie dankie vir almal se omgee. Ek weet nou hoe voel amper 300 oproepe per dag. Vir elke oproep baie dankie,” het hy gesê.