Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die moordverhoor van Wernich Botha wat Maandag 27 Januarie hier in die streekhof sou begin, is uitgestel in afwagting op ‘n besluit van die direkteur van openbare vervolging (DOV).

 

 

 

Botha (33) is van die moord op Hilton Pretorius (32) aangekla na ‘n geveg in die parkeerterrein van ‘n kuierplek in Doringkruin in September 2023. Hy staan ook tereg op ‘n klagte van poging tot moord op die sakeman PW Roos wat tussenbeide getree het tydens die bakleiery en toe ook uitgeslaan is.

Botha, wat in Somalië werk en intussen getroud is, het tydens ‘n vorige hofverskyning aangedui dat hy skuld op albei klagte gaan ontken. In ‘n verrassende wending op Maandag, met al die belanghebbendes by die hof, het die staatsaanklaer Nkefi Mthoa vir die landdros, Patricia Manana gesê sy gaan die saak nie verder behartig nie. Manana het die verdeding se versoek dat die saak van die rol geskrap word, van die hand gewys.

Dit blyk nou die DOV gaan die aanklagte teen Botha heroorweeg. Dit kan daartoe lei dat hy nie meer van moord en van poging tot moord aangekla word nie, maar van aanranding en strafbare manslag.