Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die moordverhoor van Wernich Botha sal eers volgende jaar weer voortgaan.
Getuies en familielede wat vandeesweek vir die hofverrigtinge in Klerksdorpse streekhof opgedaag het, het gehoor die saak word uitgestel. Die rede vir die uitstel was dat die advokaat vir die verdediging ‘n verhoor in ‘n ander provinsie gehad het. Die saak is nou eers weer op 2 Februarie 2026 op die hofrol geplaas.
Botha word daarvan aangekla dat hy Hilton Pretorius in September 2023 in die parkeerterrein voor ‘n bekende kuierplek doodgeslaan het. Die verhoor het in Mei 2025 begin. Botha ontken skuld.
Moordverhoor na volgende jaar uitgestel
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode