Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

5 September 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Student van Klerksdorp het ‘n rol losgeslaan in die gewilde kykNET telenovela Diepe Waters.

Leshané Chatwind het op Dinsdag 2 September haar buiging gemaak as Mandy van Niekerk, ‘n terapeut in Boskruin waar die telenovela afspeel. Sy het in 2022 haar TV-debuut in die Netflix-reeks Ludik gemaak. 

Leshané studeer aptekerswese aan die NWU en is in haar tweede jaar van studies. 

 

 

 

 

 

Sy vertel dat sy al ‘n paar oudisies gedoen het vir karakters in Diepe Waters wat sy nie gekry het nie en uit die bloute kry sy toe vroeër vanjaar ‘n oproep wat haar nooi vir die rol van die energieke Mandy. “Ek het die geleentheid aangegryp en geniet dit gate uit om die rol te vertolk. Skielik kyk almal in my familie nou Diepe Waters,’’ lag sy. Die program word in Johannesburg geskiet.

Leshané is ‘n lid van die Golden Key International Honour Society vir uitsonderlike akademiese prestasie. Sy is ook klasverteenwoordiger van haar groep tweedejaarstudente. 

Haar ouers, Oskin en Angelique, bars van trots oor hul oudste se prestasies. Oskin is ‘n direkteur van CSS. Hulle het ook ‘n seun, Oskin jr, wat sy sussie se grootste bewonderaar is. Hy is nog in die Laerskool. Leshané is ‘n oudleerling van KHS.