Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ‘n Onderwysstudent is verlede week op slag dood toe haar motor agter in ‘n vragmotor op die N12 vasgery het.
Volgens Heidi Delport was haar dogter, Zuanthé van Niekerk, onderweg vanaf Thabazimbi na Stilfontein op Donderdag 5 Oktober. Haar pa woon op Thabazimbi. “Dit het regoor OMV Crushers gebeur. Haar motor het aan die brand geslaan en gelukkig is die brand gou geblus. Haar skootrekenaar en bagasie het nie gebrand nie. Sy was egter reeds dood,” sê Delport.
Daar was glo ooggetuies, maar dit is vaag wat gebeur het. “Sy was so naby aan ons huis. Sy het haar seker misgis hoe naby sy aan die vragmotor was.”
Don’t eat raw eggs during avian flu outbreak
Klerksdorp Record, Klerksdorp - There are many concerns among consumers about eating eggs and chicken during an avian flu outbreak.
Consumers can rest assured that properly cooked eggs (and chicken) does not pose a risk of infecting humans with the avian flu. “This is because heat effectively destroys this virus,” says Dr Abongile Balarane, GM: Egg Organisation.
She added that since this virus has been in South Africa there are no reported cases of the spread of this virus from chicken meat or eggs to humans.
Familiename leef voort
Die Van Wyk-familie van Klerksdorp het die foto geneem van drie geslagte van Johannes Arnoldus van Wyk. Dit was Johannes Arnoldus van Wyk (Johan) se pa se oupa se naam. Dit leef voort in hom, sy seun, Johannes Arnoldus van Wyk (Arnaldo) en Johan se kleinkind, Johannes Arnoldus van Wyk (Armando). Johan is 53 jaar oud, Arnaldo is 27 en Armando is 5.
.
Ma gebroke oor seun se dood
Deur Danie Jacobs
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ansa Williams het die afgelope naweek haar “baby” aan die dood afgestaan na ‘n motorfietsongeluk.
Dit is die derde keer dat sy ‘n geliefde aan ‘n motorfietsongeluk afstaan.
Claude Butler (25) of Boela soos almal hom genoem het, is in die vroeë oggendure van Saterdagoggend 30 September in Buffeldoornweg naby Sundowners dood. Hy was lid van die Speed Freaks motorfietsklub.
Volgens Ansa het ‘n bakkie voor hom ingedraai. Dit is onseker wat op die toneel gebeur het, maar volgens ooggetuies het die bestuur-der probeer wegjaag. Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het egter gesê die bestuurder kon nie wegjaag nie, want die voertuig was te erg beskadig. Sy het bevestig dat hy hospitaal toe gevat is en dat die polisie sy besonderhede het.
Waar is James?
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat nou al vir amper drie weke vermis is, was glo betrokke in ‘n vurige verhouding met ‘n getroude vrou van Stilfontein. James Swanepoel (25) was die middag van 17 September op pad om sy minnares by die Pick n Pay-sentrum in Songloed te ontmoet. Hy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Sy tannie, Katy Steyn, is bekommerd en vermoed vuilspel. “Dit is glad nie in sy aard om net te verdwyn nie.