Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - ‘n Groep plaaslike kunstenaars se uitstalling begin dié week by die Snowflake Gallery. Die tema van die uitstalling is Tuiskoms.
André Austin, Eljana Wiid, Madeleine Travers en Moira van Rooyen asook Marrak Potgieter van Potchefstroom sal uitstal
Stiefma, seun vermis
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Teen druktyd op Maandag 13 November was Charlene Lewis en haar 18-jarige stiefseun, Justice, amptelik steeds vermis.
Die twee het vroegoggend op Vrydag 11 November van hul huis naby Brakspruit in ‘n Toyota Land Cruiser met die registrasienommer 4x4 GIRL NW vertrek. Daar is glo kringtelevisievideo wat toon dat hulle in ‘n goeie bui was en nie onder vreemde omstandighede die erf verlaat het nie. Dit is nie seker waarheen hulle is en niemand van die familie weet waar hulle hul bevind nie.
Songloed-buurtwag nou toegerus om brande te bestry
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Talle brande het die afgelope tyd verwoesting gesaai in die noorde van die land. Die omgewing rondom Klerksdorp het ook nie vrygespring nie. Dít het die AfriForum-tak in Klerksdorp genoop om sy Songloed-buurtwag met ’n mobiele brandbestrydingseenheid toe te rus sodat dié buurtwag pro-aktief kan optree sou daar ’n brand uitbreek.
Doef, doef by Neon Fest
Kletsrymers het die stad die afgelope naweek oorgevat en ‘n storm losgepraat op die verhoog. Artistique Productions het die eerste Neon Fest op Vrydag 3 November by die Portugese Saal aangbied. Dit gaan ‘n jaarlikse gebeurtenis op die stad se vermaakkalender word. Van die land se bekkigste kletsrymers was op die verhoog. Dansers van Replay Dance Studio het ook opgetree. Kletsrymers soos Biggy, Early B, Justin Vega en Van Pletzen het die tonge laat klap.
SANBS goes digital
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - SANBS moved towards digitalisation to attract and inspire a new generation of donors. “Digitalising donation sites will ensure operational efficiencies and streamline SANBS’ administration processes by using modern Customer Relationship Management systems to ensure donors enjoy an optimised experience,” said Siemi Prithvi-Raj, SANBS Executive for Transfusion Donor Services and Marketing.
“The automated questionnaire will further assist in flagging potential issues in real-time, ensuring improved donor and blood safety,” Prithvi-Raj added.