Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – ZEERUST- AfriForum se teenboelieveldtogspan en dié burgerregteorganisasie se Zeerust-tak het Maandag, 17 Februarie die Marico Bosveld Akademie in Zeerust besoek as deel van ’n landwye veldtog om leerders oor afknouery in skole bewus te maak. 
“Boeliebewusmaking is noodsaaklik in skole omdat dit nie net die welstand van individuele leerlinge beskerm nie, maar ook help om ’n positiewe en respekvolle skoolkultuur te bou.

Deur leerlinge bewus te maak van die gevolge van boeliegedrag, kan ons ’n veilige omgewing skep waar alle kinders kan floreer en mekaar kan ondersteun,” sê Chane Kruger, jeugkoördineerder van AfriForum se Zeerust-tak. Volgens Tania Scheepers, noordstreekkoördineerder vir Onderwys by AfriForum en aanbieder van die teenboelieveldtog se inligtingsessies, is dit belangrik dat ouers, leerders en onderwysers besef dat konflik en boeliegedrag nie dieselfde is nie en daarom verskillend hanteer moet word. Sy verduidelik dat konflik dikwels ’n eenmalige voorval is, terwyl boeliegedrag herhaaldelik plaasvind en geken word deur ’n magsoorwig. Voorts teiken boelies hul slagoffers ’n tyd lank en geniet hulle die beheer wat hulle oor die slagoffer kan uitoefen.  
“Dit is vir AfriForum belangrik dat leerders die teenboeliepraatjie bywoon wat gegrond is in die volle wapenrusting van God, omdat hulle dit kan gebruik om boeliegedrag hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. 
Na afloop van die praatjie weet elke leerder hoe om boeliegedrag te identifiseer én hoe om dit stop te sit. Dit is van kardinale belang om leerders op ’n jong ouderdom met die vaardighede toe te rus om gevare in die toekoms te voorkom,” verduidelik Scheepers.
Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog, besoek gerus www.teenboelie.co.za en laai die gratis teenboeliegids af – propvol raad oor hoe om boeliegedrag te identifiseer en hok te slaan.