Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – SANNIESHOF - Na 30 jaar van koeksisters bak, te veel om te tel, het Jeanette Pretorius onlangs die geleentheid gehad om vir Pullman Maldives Maamutaa Resort te leer hoe om koeksisters te bak - op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.
Vir Jeanette sou dit haar eerste keer wees dat sy vlieg, op ‘n boot vaar na ‘n eiland en die pragtige kilometers van wit strande sien. Hoe dan anders dat Wimpie, haar eggenoot, haar laat gaan het? 

Jeanette en haar suster Ria Drever, ook van Sannieshof, het Desember/Januarie ‘n onvergeetlike reis gehad na die Maldive-eilande. 
Ria se seun Riaan Drever is gebore in Sannieshof maar het intussen grootword en deur baie harde werk ‘n eksotiese lewe vir homself opgebou. Tans is hy “Cluster General Manager” in die Maldives by Maamutaa Resort. Riaan het dus sy ma en tannie met ‘n drie-weke kuier by hom in die Maldives bederf. 
Daar was ‘n voorwaarde: Jeanette moes vir die sjefs haar koeksisterresep gee en hulle presies leer hoe om dit te bak. As bonus is die sjefs ook gewys hoe om ‘n eierlose sjokoladekoek te bak, want in die Maldives is eiers baie skaars en ongelooflik duur.  In die kombuis by die Resort het sy in haar “gebroke Engels” die twee sjefs geleer. Eindelik het dosyne koeksisters op die tafel gewag om geproe te word. 
Daarna het die een sjef ‘n koekpan geprakseer sodat Jeanette die sjefs kon touwys in die bak van eierlose sjokoladekoek (volgens die resep van Louise Basson, ook van Sannieshof). Die sjefs was sprakeloos en baie opgewonde. Inwoners en toeriste het hulle vingers afgelek. Jeanette was ‘n kits-diva. 
Riaan het ‘n groot indaba gehad met mense van oral oor die wêreld en het koeksisters en sjokoladekoek op die spyskaart gesit. Hulle was nuuskierig oor die vreemde nagereg, maar toe hulle dit eers proe het hulle dit terstond hernoem na “kan nie ophou eet nie”. 
So sit Jeanette en Ria, saam met Riaan, Suid-Afrika op die kaart met tradisionele koeksisters en eierlose sjokoladekoek. Voorwaar iets om op trots te wees. As jy dié beroemde koeksisters wil probeer, maak ‘n draai by Klipveld en proe self. 
Augustusmaand is daar ‘n wêreld kompetisie vir sjefs by dieselfde oord, miskien moet Jeanette vir die wêreld wys hoe lekker sy kan bak!