Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Met die aanvang van seisoen ses van die realiteitsprogram, Ster Status loop Noordwester die pad saam met Marizaan Henning. Marizaan, wat getroud is met Johan, het twee woelwaters wat nou al uitstaan soos hulle ma. 
As sy iets wil bereik, doen sy alles wat sy kan om by haar doel uit te kom. Sy is baie musikaal en gee musiekklasse vir kinders in verskeie instrumente wat sy self bespeel. Haar liefde vir musiek dra sy ook oor na die kinders. 

Marizaan is baie saggeaard en haar persoonlikheid het vinnig die goedkeuring van haar mede-deelnemers gewen en haar gewild gemaak. 
Die kompetisietydperk was strawwe maande wat baie opoffering van haar geverg het. Tog het sy positief gebly en haar merk gemaak.
 In Oktober is sy aangewys as een van die finaliste by ‘n “High Tea” geleentheid. Onderhoude en ‘n besige tyd het gevolg totdat die kroning van die Ster Status-wenners. Daar is hard geoefen aan danspassies, op die loopplank geloop en alles wat net reg gedoen moes word. Marizaan is met ‘n spesiale toekenning beloon omdat sy baie gesog onder elke deelnemer was - die Ster Status Deelnemerskeuse. Deelnemers moes stem vir ‘n deelnemer wat ‘n voorbeeld van gees en vaardigheid is en  het só die deelnemer vereer wat die ander deelnemers inspireer en ophef.                                
Vroeg volgende jaar sal sy terug wees in seisoen sewe van Ster Status. Dié keer as deel van die span mentors vir die nuwe deelnemers. 
Dit behels dat sy saam met hulle deur hulle proses gaan en daar is vir raad en daad, hulp en slyp om die finaal te bereik van seisoen sewe. ‘n Groot taak en verantwoordelikheid wag vir haar, maar sy sien baie uit daarna. 
Op die vraag wat het sy geleer uit die deelname aan Ster Status kom haar antwoord maklik: “Ek het baie van myself geleer. Mamma, vrou, vriendin maar ook net ‘n gewone mens. Iewers het ek myself verloor, maar deur die proses myself weer gevind en my kroon self opgesit deur my deelname aan Ster Status.”
Dié vrou is steeds op pad met haar lewe saam met haar gesin, en ons sal voorentoe nog baie van haar hoor en sien. 
Lichtenburg en die gemeenskap is trots op Marizaan en als wat sy bereik het.