Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Die NWK Retail Expo24 het verlede Vrydag en Saterdag mense laat glimlag.  
Theo Nel, senior klerk sê: “Dit was stiller as wat verwag is, maar deurgans was daar ‘n ontspannne en rustige atmosfeer.” Daar was ‘n verskeidenheid van uitstallers en dié met wie Noordwester gepraat het was, tevrede of sommer báie tevrede met hul verkope. Die twee kruiwaresies het vir lekker lag gesorg en die wenners is weg met hulle kruiwaens. Siende dat dit só warm was het die koue drinkgoed heelwat aftrek gekry. ‘n Groot aantrekking was die “prik ‘n ballon” wat in die Handelstak was.

 Die balonne het geklap en van groot pryse tot troospryse is gewen. Wie hou dan nie van so ‘n verrassing nie? Mel van Niekerk, assistentvloerbestuurder, het die volgende aanmerking gemaak: “Dit was ‘n sukses, mens hoop altyd vir meer aftrek. Ons gaan werk maak want daar was te min parkerering.“ Die ekonomie druk en saam met die baie probleme tans in die dorp, bedank die gemeenskap NWK, wat glimlagte op mense se gesigte gesit het.