Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die dorp se stadsaal en museum het in ligte laaie opgegaan en Burgersdorp se inwoners sit steeds sonder krag, maar Lichtenburgers kan uitsien na ʼn naweek van lekker winskopies en kuier saam met NWK Retail.
Dis weer tyd vir dié winkel se jaarlikse ekspo! Vir die eerste keer sedert 2019 toe Appel by Hoërskool Lichtenburg tydens die ekspo se kuieraand opgetree het, kan inwoners nou Fatman en Irene-Louise van Wyk in aksie sien. 

Hulle sal die dansvoete behoorlik laat jeuk en jou in die gees kry vir die kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks in die Wêreldbekerrugbyfinaal wat jy op twee reuseskerms sal kan kyk. Die feestelikhede gaan afskop met die ekspo Vrydag, 27 Oktober om 08:00 tot 18:00 by NWK Retail Lichtenburg waar nie minder nie as 32 verskaffers uitstallings en kompetisies sal hê. Van bokke wat groen gekleur is ter ondersteuning van die Springbokke tot ʼn tennisbal wat jy in ʼn uilhuis moet gooi – daar is ʼn aktiwiteit of verrassing by elke stalletjie om opwinding te verskaf. Spandeer R1 000 of meer en prik ʼn ballon om ʼn prys te wen. Inkopies kweek mos ʼn behoorlike eetlus, maar Blacksteer sal heerlike hamburgers en slush puppies by NWK Retail Lichtenburg te koop hê. Die winkel se deure sluit eers om 18:00 en sal Saterdag, 28 Oktober reeds om 08:00 open tot 14:00.
Die res van Noordwes se inwoners hoef nie die lekker besparinge mis te loop nie – promosie-items sal teen die pryse soos aangedui by alle ander NWK Retail-winkels beskikbaar wees. 
Die hekke by die hoërskool sal om 16:00 open en elke makietieganger sal ʼn gratis draught bier kry om die dors mee te les. 
Bring jou eie koelboks, glase en ys. Lekkernye soos pap en kaiings, boereworsrolle, roerbraai, hamburgers, biltong, roomys, wafels, melkskommels en slush puppies sal te koop wees. Klink ʼn vuil Coke op Fatman en laat jou tekkies brand saam met dié van Irene-Louise van Wyk. Om 21:00 is die langverwagte afskop – maak dus seker jy is gepas geklee in jou groen-en-goud! Kaartjiehouers word aangemoedig om kampstoelle saam te bring vir eie gemak. Besoek NWK Retail se Facebook vir meer besonderhede. Sien julle daar!