Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die VF Plus het die afgelope Saterdag provinsiale partyraadsvergadering gehou en drie afgevaardigdes van Ditsobotla het die vergadering bygewoon. Hulle het van die geleentheid gebruik gemaak om met die leierskap die situasie in Lichtenburg te bespreek met betrekking tot die water- en infrastruktuurprobleme wat tans ervaar word. 
Die VF Plus in Noordwes het reeds voorstelle vir ʼn drastiese kabinetsingryping by die chaotiese Ditsobotla-plaaslike munisipaliteit aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, oorhandig. Die VF Plus se voorstelle behels ʼn nuwe benadering waar ʼn sterk nasionale inter-ministeriële ingrypingspan met ʼn kabinetsmandaat en uitvoerende magte kan ingryp om die situasie onder beheer te bring om volhoubare dienslewering te herstel.

Só ʼn ingrypingspan moet saamgestel word uit onder meer senior amptenare van Cogta, die polisie, die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
Dit sal verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die wetteloosheid binne en buite die munisipaliteit, ten volle aanspreeklik gehou word.
Dit sal ook bewys lewer dat die regering van nasionale eenheid (RNE), werklik daartoe verbind is om munisipale dienslewering en plaaslike ekonomieë te herstel. Sodoende sal werkskepping bevorder word wat ʼn veilige leefomgewing vir alle Suid-Afrikaners sal meebring. Die VF Plus sal voortgaan om konstruktief by te dra tot die herstel en opbou van die land tot voordeel van alle gemeenskappe.