Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Toe ‘n drankafleweringstrok omval naby Blydeville op Donderdag, 12 Oktober was dit chaos. Nie omdat die trok omgeval het nie, wel die mense se skandalige gedrag. Ouers en kinders bestorm die vragmotor en begin om die alkoholiese vrag weg te dra. Skool kinders en ouers, mense… meer as twee duisend was soos aasvoëls om die vragmotor. Al wat oorgebly het, was gebreekte bottels. 

Kinders het sommer op die toneel begin drink. Meer skandalig was dat die meerderheid van die kinders selfs die volgende dag, Vrydag, nog in die strate gesien kon word met drank in die hande, besig om te drink. Die meeste het nie moeite gedoen om skool toe te gaan nie, skole was leeg. Baie mense het hulle eie kommentaar gelewer. Onder andere dat die Polisie nie opgetree het nie. Kolonel Willem Bekeer se vraag bly egter, “Waar was die ouers? Sou die Polisie opgetree het as daar ‘n ramp was? Verseker, en mense sou mekaar vertrap het en lyke sou die hele toneel besaai het. Wat dan as dit u man, vrou of kind was wat daar gesterf het? Dan het almal “Polisie brutaliteit geskee”. Maar omdat daar iets te grype was, moes die SAPS keer vir noodlottige gevalle.” 
Hy voeg by dat dié vergrype ‘n skande is en in sy oë as barbaars beskryf kan word.