Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die afgelope 29 dae was die hoofreservoir gemiddeld 66,5% vol. 65% klink nie sleg nie, MAAR dit is gemiddeld 5,5 megaliter per dag water wat na Lichtneburg en Blydeville en Boikhutso vrygestel word. 
Volgens die Oktober 2022 MISA-verslag, benodig Lichtenburg 20 megaliter per dag.  (Let ook daarop dat Ditsobotla gedurende hierdie tyd twee keer per dag water ontvang het.) 

Tydens ‘n latere vergadering vanjaar is gesê dat hierdie 20 megaliter per dag egter verkeerd is.  Hierdie berekening is vir HOP-huise gemaak en het nie ‘n dorp met besighede en nywerhede ingesluit nie. Met bogenoemde in gedagte, is dit veilig om te sê dat Ngaka Modiri Molema Distrik Munisipaliteit (NMMDM) minder as ‘n kwart van die benodigde water lewer. 
Daar is inwoners wat nie ‘n druppel water die laaste maand ontvang het nie. Intussen ry tenks met water daagliks buite die dorp vanuit die Klipveld. Waarheen ry hulle en wie kry die water? Bataal hulle of nie? Inwoners het vrae wat beantwoord moet word.