Deur Nicol Muller – DA-PR-Raadslid, Kagisano-Molopo Plaaslike Munisipaliteit
STELLALANDER-GANYESA: Die Demokratiese Alliansie (DA) se raadslid, Nicol Muller het sy kommer uitgespreek oor die skokkende toestand van grondpaaie in die Kagisano-Molopo Plaaslike Munisipaliteit.
Tydens ’n toesigbesoek op 22 September 2025 is verskeie hoofroetes wat gemeenskappe soos Ganyesa, Morokweng, Vorstershoop, Mokgopong, Werda en Tosca verbind, geïnspekteer. Die ondersoek het onthul dat paaie soos die Z390, D313, D974, D3530 en P68/2 in ’n uiters slegte en byna onbegaanbare toestand verkeer.











