STELLALANDER-VRYBURG: JP Nel van die plaas Enkelbos in die Vryburg-omgewing het op Saterdag, 26 Julie, die kollig gesteel tydens die Lamb Champs-kompetisie wat deur Saai op Loftus Versfeld in Pretoria aangebied is.
Bray se Vonkelvroue dans en groei saam
STELLALANDER-BRAY: Die Vonkelvroue-byeenkoms is op 25 Julie 2025 met groot entoesiasme in die skool op Bray gehou. Hierdie unieke inisiatief, wat in 2018 deur Sanphia Du Preez begin is as ’n alternatief vir die VLV, vier vanjaar reeds sy agtste bestaansjaar met ‘n ledetal van 54.
North West police honour Mandela Day by handing over a home to family in need
STELLALANDER-PUDIMOE: In the true spirit of Nelson Mandela International Day, the Acting Provincial Commissioner of police in the North West, Major General Patrick Asaneng, handed over a newly built house to the Boitsemang family, a single mother and her six children, who lost their home and all belongings in a devastating fire in 2023.
Besorgde inwoners worstel met verwaarloosde erwe en brandgevaar in Frenchstraat, Vryburg
STELLALANDER-VRYBURG: ‘n Plaaslike raadslid is onlangs genader deur inwoners van Frenchstraat wat desperaat hulp vra oor twee verwaarloosde, leegstaande erwe teenoor mekaar, nommer 30 en 32 (voorheen 31 en 34), wat groot gesondheids- en veiligheidsprobleme veroorsaak.
Fourie-broers uit Vryburg laat die stof staan tydens GXCC-reeks in Delmas
STELLALANDER-VRYBURG: Die vyfde ronde van die GXCC Gauteng Cross Country-reeks het Saterdag, 19 Julie, op Leeuwpoort naby Delmas afgeskop, en twee jong renjaers van Vryburg het behoorlik die stof laat staan. Franco Fourie (16) het uitmuntend gevaar en die eersteplek in die hoërskoolklas met sy KTM UB Trax 125cc losgeslaan.
Sy jonger broer, Ulrich Fourie (15), het ook sy staal gewys en ’n puik vierdeplek in die senior 85cc-klas met sy KTM UB Trax behaal.








