STELLALANDER-KATHU: Die AfriForum-tak in Kathu het saam met ander rolspelers en ondernemings in die omgewing self hand aan die ploeg geslaan en padmerke in Rietbokstraat gaan verf en die area skoongemaak. Dit volg ná die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit al vir jare versuim om stoptekens in hierdie straat te vervang en duidelike padmerke te verf. Nou spog die munisipaliteit met foto’s van AfriForum en ander rolspelers se harde werk en maak dit as hul eie af.
Springbokke kry ondersteuning van mens en sy beste vriend(in)
STELLALANDER-VRYBURG: Suid-Afrikaners het Saterdag, 10 Augustus vroeg voor die kassie ingeskuif vir die opwindende wedstryd wat gespeel sou word tussen die Springbokke en Australië.
Teen halftyd het die Bokke met 21-0 voorgeloop en Australië het sonder selfvertroue gelyk, omdat die groot skade teen hulle in die eerste helfte reeds aangerig is.
Vryburg beginner skopboksers veg soos veterane
STELLALANDER-KATHU: ‘n Groot groep skopboksers van Vryburg, het vroeg Saterdagoggend, 3 Augustus vertrek na Kathu om aan die NMA-ISKA kampioenskappe deel te neem. Ongelukkig moes van die top presteerders tuisbly weens siekte of beserings.
Van die jongste deelnemers van so jonk as 4 jaar oud, het handskoene aangetrek en gaan veg. Daar was soms trane en soms bloed, maar ‘n kort rukkie na hulle gevegte, het hulle sorgeloos met medaljes om die nek buite gespeel.
Police recover illegal firearms and ammunition
STELLALANDER-TAUNG: Mosimaneotsile Ntehelang (39), was remanded in custody upon appearance in the Taung Magistrates’ Court on Friday, 2 August.
He was expected to reappear again on Thursday, 8 August.
Jou verlede is nie jou hede of toekoms nie
STELLALANDER-VRYBURG: Mignoné Jacobs (34) het op vyfjarige ouderdom haar eerste trauma beleef toe sy gediagnoseer is met ‘n Tipe 1 diabetes wat veroorsaak is deur die skok van haar ouers se egskeiding.
Nadat albei ouers weer getroud is, het die volgende trauma haar op 10-jarige ouderdom getref. In November 2000 het haar lewe onomkeerbaar verander, toe haar stiefpa, Nico Erasmus, haar geliefde moeder, Retha Erasmus, in die jong ouderdom van 39, doodgeskiet en homself ook daarna om die lewe gebring. Beide van hulle was op daardie stadium polisielede in Polokwane gewees. Alhoewel Mignoné baie lief was vir haar stiefpa, wie ‘n erge depressielyer was, het sy deur ‘n stadium van rebellie gegaan en haat omdat hy haar geliefde en die mooiste mooiste ma uit haar en haar twee sussies, wie 15 en 17 jaar oud was en hulle biologiese pa se lewens geruk het. In die rebellie fase was sy gekonfronteer met vrae soos, ‘Hoekom is dit my ma wat gevat is’?, ‘Hoekom het my maaitjies albei ouers en ek nie’?