STELLALANDER - VRYBURG: Twee pensionarisse van Rustenburg, Harry en Rina Von Wielligh, het met behulp van vier polisiebeamptes, hulle onsmaaklike ervaring met kriminele in Vryburg se hoofstraat in ‘n goeie ervaring met die gereg verander.
Harry vertel dat hy en Rina, Sondag, 15 September voor ‘n bekende hoenderwegneemplek in Markstraat gestop het op hulle roete terug na Rustenburg.
Sonpaneelgedrewe motors besoek Vryburg
STELLALANDER-VRYBURG: Tydens die derde dag van die Sasol Solar Challenge, waartydens 11 sonpaneelgedrewe motors in verskillende klasse deelneem, het Sondag, 15 September ‘n besoek aan Vryburg gebring.
Die Sasol Solar Challenge, het Vrydag, 13 September in Secunda afgeskop in die rigting van Sasolburg en Rustenburg en Zeerust en toe koers gekry na Vryburg.
Hip Hop dansers onderweg na Mauritius
STELLALANDER-STELLA: Nege van Inspire Studios se dansers toer 23 - 27 September na Mauritius om deel te neem aan die IFAA Island Championships.
Vryburg VLV-lid se reis en besoek in China
STELLALANDER-VRYBURG: Vryburg VLV-lid het ‘n reis na China met sy 1,4 biljoen inwoners meegemaak.
Daar word meer as 100 tale gepraat maar Mandaryns word in skole gebruik en buitelanders word verplig om die taal te leer praat, lees en skryf. Engels word in alle skole geleer.
Fietsryers beleef Koedoeslaagte
STELLALANDER-VRYBURG: Fietsryers van Laerskool Stellaland en Hoërskool Vryburg het op Saterdag, 7 September ‘n baie vinnige en ruwe baan beleef by Koedoeslaagte in die Parys omgewing.