STELLALANDER-GANYESA: ’n Gesamentlike intelligensiegedrewe operasie tussen die Noord-Kaap en Noordwes-polisie het gelei tot die inhegtenisneming van drie mans in verband met die moord op Katlego Moribe (38), wat op 1 Junie 2025 in Seoding Blok A, Kuruman, doodgeskiet is.
Rioolprobleme in Sannieshof en waternood in Ottosdal
STELLALANDER-SANNIESHOF: Die dorpe Sannieshof en Ottosdal verkeer in ’n ernstige infrastruktuurkrisis, met rou riool wat strate en erwe in Sannieshof oorstroom, terwyl Ottosdal-inwoners sonder water moet klaarkom.
AfriForum het die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit in twee afsonderlike briewe gewaarsku oor die krisisse en dringende optrede geëis.
Nanneke Lamprecht neem afskeid ná amper vier dekades in onderwys
STELLALANDER-VRYBURG: Na ‘n merkwaardige loopbaan van bykans veertig jaar in die onderwys, neem Nanneke Lamprecht vanjaar afskeid van die onderwys met ‘n hart vol dankbaarheid en herinneringe.
Haar loopbaan het in die laat 1980’s begin onder leiding van Ursula Shultz by die Voorbereidingskool in Vryburg.
‘n Hart vir kinders – Vryburger deel haar pad as pleegouer
STELLALANDER-VRYBURG: Die VLV van Vryburg het op Woensdag, 25 Junie ‘n besondere spreker, Belinda te Baerts, verwelkom wat haar aangrypende reis met kwesbare kinders gedeel het.
Haar pad het op 15 Desember 2019 begin toe ‘n pasgebore baba, toegedraai in ‘n kombersie, buite haar huis gelos is.
Verdagtes in moordsaak van Kuruman verskyn in hof op vuurwapenaanklagte