Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die belastingseisoen begin op Maandag 15 Julie vir voorlopige en nie-voorlopige belastingbetalers wat ‘n belastingopgawe moet indien. Outo-aanslae vir ‘n uitgebreide poel belastingbetalers sal tot 14 Julie duur.

Belastingbetalers wie se kontakbesonderhede, insluitend ‘n e-posadres en selfoonnommer, sowel as bankbesonderhede, verander het, moet hierdie besonderhede op eFiling of die SARS MobiApp bywerk. 

Die opdatering van hierdie inligting help om bedrog en identiteitsdiefstal te voor-
kom.

SAID-kommissaris, Edward Kieswetter, het belastingbetalers verseker dat die SAID verbind bly tot sy doelwit om die indieningseisoen vir standaardbelastingbetalers ‘n onsigbare proses te maak wat min of geen optrede van die belastingbetaler vereis nie. 
Hy het gesê dat die poel van belastingbetalers wat outomaties aangeslaan gaan word vanjaar tot sowat 4,8 miljoen sal toeneem vergeleke met sowat 3,8 miljoen belastingbetalers verlede jaar.

 Belastingbetalers wat met die outo-aanslag saamstem, hoef niks te doen nie. Indien ‘n terugbetaling verskuldig is, sal dit binne 72 uur betaal word. Indien belasting aan die SAID verskuldig is, moet die belastingbetaler die betaling teen die betaaldatum maak.
Indien ’n belastingbetaler nie met die outo-aanslag saamstem nie, moet hulle alle toe-
paslike veranderinge aanbring en hul opgawe op die normale manier via eFiling of die SARS MobiApp indien voor of op 21 Oktober, die sluitingsdatum vir nie-voorlopige belastingbetalers.

Belastingbetalers wat outomaties aangeslaan word, maar wat die sonbelastingkorting wil eis, moet hul belastingopgawe voltooi en dit op die normale manier indien. 

Meer inligting oor die sonbelastingkorting is beskikbaar op die SAID-webwerf by sars.gov.za.

Kieswetter het ‘n beroep gedoen op belastingbetalers om deursigtig en akkuraat te wees wanneer hulle hul belastingopgawes indien. 

“Die gebruik van tegnologie en data het die SAID se vermoë verbeter om gevalle van nie-nakoming op te spoor. Belastingbetalers moenie hul uitgawes opblaas en hul inkomste onderverklaar om ontoelaatbare terugbetalings te verkry nie. Om huurinkomste nie in te sluit nie, is ‘n voorbeeld. Sulke optrede sal die belastingbetaler moontlik aan bedrog skuldig maak.”