Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die 95ste Wêreldbiddag vir Vroue vind vroeg volgende maand plaas. Alle vroue word genooi om vanjaar die 60ste Vrouebiddag in Klerksdorp asook die 95ste viering in SA te kom vier. Dié jaarlikse geleentheid gee vroue die geleentheid om wêreldwyd bymekaar te kom om te bid.

Dit vind op 7 Maart, om 10:00, by NG Kerk La Hoff, Odendaalstraat 44 plaas. Vroue van alle denominasies in die Kosh-gebied word genooi om die diens by te woon.

Die tema vanjaar: “Ek het jou wonderlik gemaak”. Die fokusland is die Cook-eilande, geleë in die Stille Oseaan naby Nieu-Seeland.

Kom wees deel hiervan, met ‘n opgewondenheid want verandering en vernuwing is  moontlik met gebed. Die verrigtinge sal tweetalig wees. Daar sal ‘n aanbieding wees ten bate van die Wêreldbiddag vir Vroue-organisasie. Dit is werklik ‘n baie spesiale geleentheid en werkgewers word versoek om vroue die geleentheid te gee om die diens by te woon. Mans is ook baie welkom. Almal word aangemoedig om saam te bid by die huis, by die werk, by skole en selfs by kleuterskole.

Gebedsinligting (ook vir die jeug) is beskikbaar en kan elektronies aan belangstellendes gestuur word. Vir meer inligting skakel Esmè by 076 112 2021.