Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Boekwurms kan solank begin uitsien na die Klerksdorp Boekefees wat die eerste naweek van November gehou word. Klerksdorpers wat die boeke oase by Aardklop gemis het en met verlangende oë na foto’s van die Woordfees op Stellenbosch gekyk het, hoef nie te bekommer nie - heelwat van die skrywers gaan ook die Klerksdorp Boekefees besoek.

Die fees word weer by Verdant gehou met boekgesprekke oor drie dae - van 1-3 November.
Skrywers wat ons besoek sluit in TJ Strydom (Capitec - Stryd met die Grotes), Dana Snyman (Seun), Deon Lamprecht (Bloedbroers), Riaan Grobler (Geheime op Philidelphia), romanskrywer Helene Hugo en ‘n hele paar Romanza-skrywers soos ons eie Louise van der Merwe, Felicia Snyman en Bibi Potgieter en jeugverhaalskrywers soos Sandy Schoeman, Ami do Carmo, Annerle Barnard en Sunel Combrink. Moet nie vergeet van Stefaans Coetzee se kortverhaal-bundel Sel Ses wat almal aan die praat het nie.

Liefhebbers van gedigte kan kom luister na voorlesings van Toast Coetzer, Tom Dreyer, Jo Prins en Alwyn Roux. Beeld se 50 jaar gedenkboek gaan ook tydens die Klerksdorp Boekefees oor gesels word, so boekwurms kan ‘n propvol program verwag. Omkring nou al die datum op jou kalender sodat jy dit nie mis nie. 

Hou die koerant dop vir meer inligting oor die program. 

Die beste van alles, is al die boekgesprekke is gratis. Kostes wat wel ter sprake kan wees is die ete die Vrydagaand tydens Dana se gesprek. ‘n Bonus is optrede deur Riku Latti en Bacchus Nel. Stuur solank vir Salomé Kotzé ‘n Whatsapp na 079 876 7616 as jy meer info wil hê.

- Kaartjies vir Vrydagaand se gesprekke wat ‘n braaivleis-ete insluit, kos R250 per persoon. Stuur ‘n Whatsapp na 079 876 7616 om plek te bespreek.