Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - As jy oud genoeg is om Glenda Kemp se naam te onthou, dan onthou jy hoe haar danse met ‘n luislang die land aan die praat gehad het in die sewentigerjare. Glenda was ‘n kabaret-danser en haar slang se naam was Oupa! Glenda het kerke, die polisie en huwelike op hol gehad, maar sy het nou ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. Na haar bekering in 1995 leef sy as ‘n burger van die Hemelse Koninkryk van Lig. Soos die verlore seun in Luk 15:20, het sy opgestaan en teruggegaan na haar Vader se huis. Indien jy belangstel in ‘n praatjie, Glenda kuier op 18 en 19 Oktober by AGS Charisma lang die N12; op 18 Oktober om 10:00 by ‘n Vrouekonferensie en op 19 Oktober om 09:30 en 18:00 in die kerk. Sy vertel passievol en met dankbaarheid van haar liefde vir Jesus en hoe Hy haar nuutgemaak het. Die jare na haar bekering het sy as onderwyser ‘n groot verskil gemaak in
kinders se lewens asook jong verslaafdes. Skakel 072 792 8513 en 083 207 4729 vir meer inligting.