Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Plaaslike kunstenaars stel binnekort weer hul kreatiwiteit ten toon by die gewilde jaarlikse Art Attack in Matlosana Mall. Klerksdorpers en besoekers aan die gewilde inkopiesentrum kan vir twee dae die wonder van kuns eerstehands aanskou ten tyde van die uitstallings en installasies op 5 en 6 Oktober.

Zet Havenga van The B Gallery organiseer die fees in samewerking met Klerksdorp se Kunsstof Kunsvereniging en die plaaslike museum. 

“Art Attack bied ’n plaaslike platform aan kunstenaars in ’n flash mob-styl om hul kreatiwiteit met die publiek te deel. 

“Daar is ook fotograwe, digters, dansers, skrywers en musikante. Omkring jou dagboek en kom kuier saam met ons.’’

Aansoeke is nog oop tot 20 September indien jy deel wil wees van die jaarlikse Art Attack. 

Skakel 083 450 0355 vir meer inligting.