Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kom groet die lente op Saterdag 31 Augustus by die Lentemark wat by Pick n Pay Hyper Wilkoppies gehou word. Besoekers word aangemoedig om hul Springboktruie ter ondersteuning van die Springbokke te dra vir ‘n foto wat om 12:00 geneem sal word. Die ander hoogtepunt van die mark is die Mej Lente Junior-kompetisie. Die afdelings is Mej Sonstraaltjie (4 tot 5 jaar), Mej Roosknoppie (6 tot 7 jaar) en Mej Lentebloeisel (8 tot 10 jaar)

Die inskrywingskoste is slegs R30. Die registrasie is van 09:30 tot 10:30 en die kompetisie sal om 10:30 begin en tot 12:00 duur. Curro se marimba-orkes en Laerskool La Hoff se koor sal ook optree.

Sowat 60 uitstallers het reeds hul staanplek bespreek. Daar sal gesmul kan word aan heerlike kos soos spiraal aartappels, kerrie-en-rys, pannekoek, jaffels, sosaties, lewerkoekies, “corndogs”, potbrood en worsbroodjies.

Stalletjiestaanplek is nog beskikbaar. Skakel Tinus by 083 294 8077 vir navrae en stalletjiebesprekings.