Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Hartbeesfontein - Die NG Kerk Hartbeesfontein is al 159 jaar ‘n prominente bron van hoop en hulp in die omgewing. Die gemeente help 43 gesinne maandeliks met kruideniers, onderhou die NG Tehuis vir Bejaardes finansieel en lewer ook ‘n bydrae aan die SAVF Evanna Tehuis vir Bejaardes.

Om hierdie projekte aan die gang te hou, moet fondse ingesamel word en daarom hou die kerk op Saterdag 22 Februarie basaar. 

Die basaar skop af om 09:00 op die kerkterrein en kuiergaste kan iets van alles op die basaartafels verwag. Pannekoek, sosaties, kerrie en rys, koeke klein en groot, basaarpoeding, wors-op-‘n stok, groente en vars produkte, tee en verversings in die teetuin, speletjies vir die kleinspan, springkasteel en vele meer.  Lekker braaivleis vir middagete teen R50 per persoon is ook op die spyskaart.

Getrou aan die maand van liefde, is die tema “Rooi”  Dra gerus  ‘n rooi blom in die hare, rooi hoed op die kop  of rooi lippe in ‘n glimlag geplooi!  

Almal is welkom.