Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Seun deur Dana Snyman 
Uitgegee deur NB Uitgewer
Lesersindruk: Salomé Kotzé

Almal wat nog koerant lees en boekstories volg sal teen die tyd al weet dat Dana Snyman in Seun oor ‘n deel van sy lewe skryf waaroor hy nog nooit gepraat het nie. Sy diensplig.
Die boek se inhoud strek oor ‘n paar maande waar negentienjarige Dana as troep moes aanmeld in Voortrekkerhoogte en skaars ‘n maand later oneervol uit die weermag ontslaan is en die maande wat daarop volg. Ek vermoed Dana (nou 61 jaar oud) het gedink die volk gaan swaarder daaraan sluk dat hy nooit sy diensplig voltooi het, as die feit dat hy as ‘n skisofreen gediagnoseer is. (Darem nie rêrig nie, maar ‘n diagnose wat hulle gegee het as hulle ‘ontslae’ wou raak van ‘n troep wat nie ‘ingepas’ het nie).

Tog was dit ‘n helse skok vir sy arme ma en pa wat natuurlik nie geweet het hoe om hul enigste kind nou te hanteer nie. 

As jy Dana se boeke lees, ken jy sy skryfstyl. Jy weet hy hou daarvan om in die verlede rond te kuier -   half met die gedagte van “as ek toe geweet het, wat ek nou weet’’. Hy skryf oor die verhouding met sy pa en sy ma, die verhouding tussen sy ouers, hulle huishulp, sy liefdeslewe (of gebrek aan), sy pa as AWB-lid, sy eie soeke na ‘n Suid-Afrika wat hy nog nie geweet het kan bestaan nie.

Dana het gesê dit was nie ‘n maklike boek gewees om te skryf nie. Tog is dit soms nodig om in jouself te soek na antwoorde vir die vraagstukke waarmee mens worstel.

Ek het die boek baie geniet.  

As jy die fliek, Kanarie geniet het, en die boek Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese sal jy hiervan hou.