Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stalletjiemark by Pick n Pay hipermark het die afgelope naweek plaasgevind en dit was ‘n dag vir al die sterkmanne om hul spiere te bult. Volgens die organiseerder, Tinus van Staden, was daar 46 uitstallers op Saterdag 1 Maart. “Die reën het ons bietjie gekortwiek, maar ons kon al ons vertonings afhandel,” vertel hy. Johan Els, een van die sterkste manne in die wêreld, het ‘n kragmanvertoning gelewer asook Venter Gim in Klerksdorp se liggaamsbouers. Hannes Venter (75), die eienaar van die gimnasium, het ook ‘n vertoning gelewer. Hy was al drie keer ‘n wêreldkampioen.