Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - AfriForum het landwyd deelgeneem aan die openbare raadplegingsproses oor Eskom se voorgestelde kragtariefverhoging van 36,15% en het Maandag 2 Desember sy geskrewe kommentaar oor dié tariefverhoging tydens Noordwes se sessie ingedien. 
AfriForum het in sy formele kommentaar, wat in Klerksdorp voorgelê en ingedien is, dié buitensporige tariefverhoging teengestaan.

Die burgerregteorganisasie het daarop gewys dat daar nie van kragverbruikers verwag kan word om pa te staan vir die jarelange wanbestuur van Eskom nie. Eskom het sy voorgestelde tariefverhoging vir die volgende drie jaar aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) voorgelê. Die publiek het tot Woensdag 4 Desember gehad om kommentaar daarop te lewer. 

AfriForum se voorlegging het die ernstige ekonomiese en maatskaplike gevolge van Eskom se voorgestelde tariefverhoging onderstreep en beklemtoon hoe die beplande kos-
tes kwesbare gemeenskappe, veral lae inkomste-huishoudings, wat reeds ’n groot deel van hul inkomste aan elektrisiteit bestee, buitensporig sal belas. 

Boonop is stygende elektrisiteitskoste die dryfveer van koste-inflasie, wat die prys van noodsaaklikhede verhoog en armoede en ongelykheid vererger.

“Die inwoners van Noordwes kan dit doodeenvoudig nie bekostig dat Nersa hierdie tariefverhoging toestaan om die situasie 

by Eskom te probeer beredder nie, veral nie ná die growwe wanbestuur van die kragvoorsiener oor die jare heen nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

AfriForum se bestuurder van Plaaslike regeringsake, Morné Mostert, het ook tydens die openbare raadplegingsessie in Gauteng gister sy kommer uitgespreek oor Eskom se ondoeltreffendheid en ernstige bestuursmislukkings. 

“Nersa moenie net strenger nakoming van regulatoriese raamwerke afdwing nie, maar moet self ook omsigtigheidstoetse by Eskom doen, wat sal verseker dat wettige uitgawes slegs by die tariefberekeninge ingesluit word.”

AfriForum sal die uitkoms van die openbare raadplegingsproses noukeurig moniteer en optree indien daar onbillike gebruike en wanpraktyke opgemerk word.