Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dit is terug skool toe en terwyl leerlinge regoor die land vir ‘n nuwe akademiese jaar inskakel, word ouers en versorgers aangemoedig om veiligheid ‘n topprioriteit te maak.

“Terug skool toe is ‘n opwindende tyd, maar dit bring ook nuwe roetines en verantwoordelikhede mee,” sê Charnel Hattingh, groephoof van Kommunikasie en Bemarking by die Fidelity Services Group.

“Om kinders eenvoudige, ouderdomsgepaste veiligheidsgewoontes te leer, kan ‘n groot verskil maak om hulle veilig te hou, beide binne en buite die skool. Dit is noodsaaklik dat u seker maak u kinders weet presies hoe om moontlike gevaar te vermy, en ook wat hulle moet doen indien iets slegs met hulle gebeur.”

Sy stel voor dat die volgende wenke met die kinders gedeel word, en dat hulle aangemoedig word om dit elke dag te beoefen:

* Onthou, jou ouers sal nooit iemand wat jy nie ken nie, stuur om jou te kom haal nie. Moet nooit in ‘n vreemdeling se motor klim nie, selfs al beweer hulle iemand vir wie jy lief is, is beseer en dat hulle veronderstel is om jou te kom haal. Dit is ‘n goeie idee om ‘n wagwoordstelsel te oorweeg om te verseker dat die persoon wat jy kom haal wel ‘n vriend van jou ouers of iemand is wat jy kan vertrou.

* Kinders moet altyd saam met ‘n vriend of vriende skool toe of van die skool af stap. Indien jou kind alleen loop, is dit ‘n goeie idee om ‘n onderwyser of ander ouers te vra of hulle van ander kinders uit die omgewing weet wat dieselfde doen. Sommige dorpe het “stapbusse” begin, waar plaaslike ouers vrywillig saam met ‘n groep skoolkinders na en van die skool stap om hul veiligheid te verseker.

* Bly by bekende strate en neem nooit kortpaaie deur onbekende of stil areas nie.

* Indien jy by die skool opgelaai word, wag altyd binne die skoolterrein vir jou optelgeleentheid om te arriveer; moenie die perseel verlaat om in die straat na hulle te gaan soek nie.

* Indien ‘n vreemdeling jou nader, moenie met hulle praat nie, maak nie saak hoe vriendelik hulle mag voorkom nie. Indien iemand jou probeer gryp, baklei, skop en skree dat hulle nie jou ma of pa is nie.

* In sommige gevalle, wanneer ouers die hele dag werk, en huishulpe dalk nie die volle dag teenwoordig is nie, moet kinders hulself besig hou totdat ma en pa saans by die huis terugkeer. Dit is uiters belangrik dat die kinders weet om niemand sonder toestemming in die huis in te laat nie. Indien jy laat gaan wees, laat die kinders so gou as moontlik weet en gee hulle ‘n idee van wanneer hulle jou by die huis kan verwag. 

* Sy het voorgestel dat ‘n lys van belangrike telefoonnommers opgestel word. “Hierdie lys moet nooddiensnommers en ma en pa se werk- en selfoonnommers insluit. Stoor dit op jou kind se foon en plak dit op of naby die landlyn. Dit is ook belangrik om aan hulle te verduidelik wanneer dit gebruik moet word,” het sy gesê.
Hattingh het bygevoeg dat almal in die huishouding ook moet weet hoe om die huissekuriteitstelsel te gebruik, kinders ingesluit, en wanneer en hoe om die paniekknoppies te gebruik.