Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Bobby van Jaarsveld, een van Suid-Afrika se gewildste musiekkunstenaars, se nuutste enkelsnit, Niks Soos Liefde Nie, is die afgelope naweek amptelik digitaal vrygestel. Die liedjie is ‘n emosioneel gelaaide treffer wat die kompleksiteit van liefde en verlies ondersoek, en beklemtoon dat, al bring liefde seer, dit steeds die enigste manier is waarop ons regtig kan voel dat ons leef. Die bekendstelling van die liedjie kom kort op die hakke van die nuus dat Bobby en sy vrou, Anna, gaan skei.

“Partykeer moet jy iets verloor om te besef wat jy gehad het.

Partykeer moet jy seerkry net om weer lewendig te voel en dat jou hart wel nog werk… al klop hy nou bietjie anders. Sonder lief-de is ons niks. Al het mens seer, bring dit hoop dat dit weer kan gebeur en dat dit alles die moeite werd was,” vertel Bobby.

Die liedjie se lirieke is deur Bobby self geskryf en weerspieël die diepe emosie en ervaring wat hy deur sy eie lewe heen beleef het. Niks Soos Liefde Nie is ‘n roerende herinnering aan die krag van liefde, die pyn wat dit dikwels meebring, maar ook die heling wat dit kan bring.

Bobby het die afgelope dekade as ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gevestig, met talle treffers wat die nasie se harte aangeraak het. Hy is bekend vir sy vermoë om sy eie persoonlike ervarings in sy musiek te weerspieël, wat dit vir sy aanhangers soveel meer betekenisvol maak. Niks Soos Liefde Nie is beskikbaar op alle digitale platforms, insluitend Spotify, Apple Music en YouTube.