Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die jaarlikse Vrouedag Damestee van NG Welsyn vind op Saterdag 24 Augustus plaas en daar is nog beperkte kaartjies oor om een van die sosiale hoogtepunte van die jaar by te woon. Die tee vind by Cést la Belle in Wilkoppies plaas en die kaartjies kos R250 elk of R2 500 per tafel. Die kaartjies sluit ‘n ligte ete in.

Volgens San-Marie Lorinda het hulle plek vir nog ‘n paar tafels en beoog hulle om ‘n vol saal die naweek te hê. Herman Kleynhans is die kunstenaar wat sal optree.

Hy staan bekend as ‘n kunstenaar wat die diepte van Suid-Afrikaanse musiek raak met sy sielvolle lirieke en melodieë. Sy huldeblyklied “Dankie” is ‘n roerende ode aan moeders oor die hele wêreld, geskep tydens ‘n tydperk van isolasie en onsekerheid. Die lied het nie net die harte van luisteraars verower nie, maar ook ‘n ereplek op radiostasies landwyd ingeneem. 

Herman se musikale reis het hom van ‘n ATKV-Cresendofinalis tot ‘n bekroonde sanger en liedjieskrywer geneem. Sy eerste groot oorwinning was met die liedjie “Ek Sweer” in kykNET se Afri-Visie-kompetisie, wat sy talent vir skryf beklemtoon het. Sy samewerking in die duo TWEE het hulle die Ghoema-toekenning as die publiek se gunsteling-duo besorg. 

Bespreek jou kaartjie by San-Marie Lorinda, 018 462 9887.