Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Met Aardklop wat in Sepember plaasvind, val die kollig die week op twee debuutwerke wat by die kunstefees op die planke gebring word. Verskeie stukke debuteer by die fees, maar Laaitie mettie biscuits en Stinkhout gaan baie stof tot nadenke bied.
Die bekroonde teatermaker Christo Davids pak in Laaitie mettie biscuits temas aan wat elke Suid-Afrikaner persoonlik raak: Hoe hanteer ek en jy daagliks die talle gestremde mense in ons land, die wat bloot ánders is? Wie beskerm hulle, en is ’n stem vir die stemloses? Waarheen tog met al die geweld en korrupsie?

Davids volg met hierdie nuwe werk sy bekroonde Queenie-hulle, wat op die lot van haweloses gefokus het, op. Hy takel weer eens met waagmoed temas waarvan ander soms wegdeins. Getrou aan hom, gaan hy die gehoor ook laat lag, en natuurlik laat huil. Jy sal nie onaangeraak wees nie!

In hierdie meesleurende verhaal vertel hy vir ons die storie van Nathan, ’n jong seun wat daarvan droom om eendag ’n polisieman te word en na sy ma en sy gemeenskap om te sien. Op een noodlottige dag is hy weer eens te voet op pad om sy daaglikse pakkie Lemon Creams te gaan koop...

Hierdie verhaal is geïnspireer deur en word opgedra aan wyle Nathaniel Julies, en die talle ander soos hy. Nathaniel was ’n 16-jarige seun met Down se sindroom, en is na bewering meters vanaf sy huis in Eldoradopark deur die polisie doodgeskiet. Die saak is nog nie afgehandel nie.

Die vraag wat ons moet antwoord, is: Wat en wie is normaal? Is Nathan abnormaal in ’n normale gemeenskap? Of is Nathan normaal in ’n abnormale gemeenskap?

Die stuk is by die Elgro Hotel te sien. Datum en tyd: 24 Sept. 15:00, 25 Sept. 19:30, 26 Sept. 09:30, 27 Sept. 15:00, 28 Sept. 14:00.

Philip Rademeyer, deur die KKNK bekroon vir sy uitnemende litirêre bydrae vir Goed wat wag om te gebeur, vertel in Stinkhout ’n storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgewortelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood.’n Storie oor ’n pa en seun wat rekenskap moet gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind.

Louw keer terug vanuit Londen na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalkie. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was nege jaar laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, raakpunte probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n jarelange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het, en ’n konstante herinnering aan Amanda, vrou en ma, wat al 25 jaar gelede oorlede is. 

As mense ‘n storie wil sien wat ‘n emosionele impak het, hopelik stof tot nadenke bied, maar ook lekker humor bevat, kry nou jou kaartjie vir Stinkhout. 

Ook by die Elgro hotel. Datum en tyd: 24 Sept. 19:30, 25 Sept. 09:30, 26 Sept. 14:30, 27 Sept. 19:30, 28 Sept. 09:30.