Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Junie is Afhanklikheidsbewustheidsmaand en ter ere hiervan moedig Sanca Sanpark plaaslike inwoners aan om ‘n boom of paal in hul omgewing in geel te versier om bewustheid van dwelmmisbruik te verhoog.

Sanca Sanpark nooi almal van individue, skole, besighede, kerke, maatskappye, en staatsdepartemente uit om deel te vorm van hierdie inisiatief. 

“Dwelmmisbruik raak ons ​​almal en baie opvoeding is nog nodig. Deur net iets geel te dra of die bome/pale waar jy werk/woon geel te versier, sal die publiek bewus maak van die gevare van dwelmmisbruik en dat daar hulp is,’’ sê Annaleen van Staden, Direkteur by Sanpark.

Vir meer inligting, skakel haar by 079 510 9415.