Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Viljoenskroon - Overvaal Stereo 96.1fm se Ignaz Streicher is tydens die jaarlikse Afri-Indie onafhanklike musiektoekennings by die AfriForum teater vereer vir sy rol vir die afgelope 23 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Hy het ‘n ere-toekenning gekry. Tydens dié geleentheid het die organiseerder, Rea le Roux, Streicher, onder luide applous van die stampvol teater, bedank vir elke fees en funksie wat oor die jare bygewoon was. 

“Hy is eerste om op te daag en weer laaste om te gaan,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat toe die Afri-Indies vroeg 2024 besluit het om hom te vereer was die reaksie van kunstenaars oorweldigend wat saamgestem het.

Die lied van Tina Turner “The Best” het deur die teater weergalm soos Streicher oppad was verhoog toe.

Na Streicher na die verhoog geroep is, het die organiseerder hom bedank terwyl hy oppad verhoog toe was vir die rol wat hy onlangs gespeel het tydens die afsterwe van Thys die Bosveldklong waarop Streicher tong in die kies terug geantwoord het “lyk my jy lees nie die Rapport nie” waarop die vol saal laggend reageer het.

Hy was nie van plan om enigiets te sê nie, “maar Rea het my geen kans gegee nie, ek moes maar iets sê”. 
Tydens die ontvangs het Streicher gesê “hy kan nie die toekenning net vir homself neem nie”.

Hy het verwys na dit wat hy gesê het in 2012 toe Overvaal Stereo die wenner was van ‘n gesogte Huisgenoot Tempo toekenning wat hy namens die stasie in ontvangs geneem het asook na die jaar 2019 wat ook vir die radiostasie ‘n groot jaar was met die wen van ‘n Liberty Radio toekenning onder sy leiding, en het herhaal hy “slegs die toekenning in ontvangs neem namens elke gemeenskaps radiostasie in die land wat bitter hard werk vir bitter min geld en bitter min erkenning, asook neem hy die toekenning in ontvangs namens elke omroeper wat by gemeenskapsstasies werk en magic maak”, voor Streicher onder luide applous gesê het “die een is op gemeenskapsradio” voor hy weer die verhoog verlaat het.

Daar was talle toekennings en ere-toekennings waarvan mense soos Gerhard Steyn, Johan Stemmet, David Kramer, Dozi en Nādine, David Fourie wat terug is in die land en op die verhoog asook Karen Hougaard, wat al die pad vanuit die VSA hier was vir die geleentheid vereer is.