Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die AfriForum-tak en die Doringkruin-buurtwag het in Oktober saam met inwoners en ondernemings in Doringkruin ’n buurtvernuwingspoging aangepak. Die eerste fase van hierdie projek het reeds op 18 Oktober begin. Dié span het onder meer die gras by Murantiweg en omliggende areas gesny en daar is reeds 1.6 ha tussen Soetdoring- en Boekenhoutstraat se gras gesny. ’n Stop-teken in Soetdoringstraat is ook vervang. Volgens AfriForum, fokus die projek op die herstel en instandhouding van plaaslike infrastruktuur, insluitend die vervanging van beskadigde padtekens, verwydering van vullis, gras- en bosbeheer, asook die netjies hou van parke en openbare ruimtes. 

AfriForum, die Doringkruinbuurtwag en plaaslike ondernemings verskaf die toerusting, arbeid en logistieke ondersteuning, terwyl inwoners uitgenooi word om aktief deel te neem en volhoubare buurtspanne te ondersteun wat die verbeterings op die lang termyn sal voortbou.

Die volgende fase van hierdie projek sal fokus op die herstel van plaaslike parke en algemene vernuwing in die woonbuurt. 

AfriForum se Klerksdorp-tak en die Doringkruin-buurtwag vra dat ondernemings, kerke, skole en inwoners sal saamstaan en deel word van die #OnsDorp-projek 

- ’n gesamentlike poging om Doringkruin te omskep in ’n skoner, veiliger en trotser woonbuurt.

“Die sukses van hierdie projek lê daarin dat elke inwoner sy of haar deel doen - of dit nou is deur tyd af te staan, te help met toerusting of ’n klein bydrae te maak,” sê Frans Roos, die organiseerder van AfriForum #OnsDorp-projek.

“Wanneer ons saamwerk, skep ons nie net ’n mooier buurt nie - ons bou ’n gemeenskap waarop ons trots kan wees.”

Dr Frik Steenkamp van die Doringkruin-buurtwag doen ook ’n beroep op inwoners om by die buurtwag aan te sluit, waar bure vir bure uitkyk en saamwerk om die veiligheid en samehorigheid van die woonbuurt te versterk.

Die AfriForum-tak doen ’n beroep op die gemeenskap om positief by te dra deur by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit, borgskappe of skenkings beskikbaar te maak, of deel te neem aan opknappingsinisiatiewe.  

“Hierdie is ’n baie goeie inisiatief waar inwoners van ’n bepaalde buurt eienaarskap van hulle omgewing neem en self die buurt netjies hou sodat die inwoners trots kan wees en sodat inwoners van ander woonbuurte dit ook sal begin nastreef. 

“Ek doen ’n beroep op Klerksdorp se inwoners om ons te kontak sodat ons kan hande vat met ander woonbuurte om só te help om die algehele beeld van Klerksdorp te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.