Afrikaanse rocker Juan Boucher het Klerksdorp behoorlik geskud op Saterdag 2 Maart. Artistique Productions het sy vertoning in die Escapadesteater by Rio Casino aangebied en dit was uitverkoop. Sy sê die mense was in vervoering en het gedans en saamgesing. Juan het musiek van sy nuutste CD “Die Rower” gesing asook van sy ander musiek en selfs ‘n paar ander bekendes se liedjies. Angelique Kleynhans beskryf dit as een van haar beste vertonings en loof die akoestiek in die teater. Hier is Juan Boucher én die vol saal te sien. Foto: MPix Fotografie.