Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Inwoners van Adamayview, Flamwood, Wilkoppies en La Hoff het die afgelope langnaweek onbeplande kragonderbrekings gehad en wyksgroepe het gegons om die oorsaak vas te stel. Volgens DA-raadslid Gerhard Strydom, was kabeldiewe wat substasies vandaliseer baie aktief oor die naweek. Hulle is egter in die bek geruk.

Volgens hom het die polisie van die diewe vroeg-oggend Saterdag 3 Mei h/v Elmstraat en Chris Haniweg gevang wat besig was om substasies en meterkaste te vandaliseer.

“Flamwood Buurtwag en elektriese spanne het gehelp en die skelms is tans in aanhouding.

Redelike skade is aangerig en sommige gebiede was vir dae sonder krag,” sê hy.

Elektriese spanne van die munisipaliteit moes bontstaan om die krag te herstel en teen druktyd Maandagmiddag 5 Mei was daar steeds geen krag in La Hoff nie.

Volgens Strydom is substasies in Malepestraat, Flamwood en by die Fountain Circle in Adamayview ook beskadig en ‘n substasie in Fransstraat, La Hoff is ook verwoes. 

“Die polisie het ook Maandagoggend ‘n taxi onderskep met kragkabels in. Hy was glo vanaf Bloemhof na Johannesburg onderweg,” sê hy.

- Klerksdorp Midweek het die polisie genader vir kommentaar maar niks is teen druktyd ontvang nie.