Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Pick n Pay stalletjiemark het die afgelope naweek plaasgevind en die organiseerders het die nuwe jaar op ‘n hoë noot begin. Een van die hoogtepunte van die mark op Saterdag 25 Januarie was die gewilde jaarlikse kolwyntjie versier kompetisie.
Dit het oor drie afdelings plaasgevind. Die wenners is Miane van der Linde (vier tot ses jaar), Johan Koekemoer (sewe tot nege jaar) en Scarlette Scherman (tien tot twaalf jaar).
‘n Beskuitproekompetisie het ook plaasgevind.
Retha Pretoruis se gesondheidsbeskuit het gewen en Tina Greyvenstein was tweede met haar Tennisbeskuit, asook derde met haar Romary Creams-beskuit.
Die volgende mark is op 1 Februarie en die Valentynsmark vind op 15 Februarie plaas.
Skakel Tinus by 083 294 8077 vir meer inligting en stalletjiebesprekings.