
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit se jaarlikse Doellynmakietie vind op 23 Augustus plaas en is gewoonlik ‘n kuier soos min. Vanjaar se makietie het spesiale betekenis, want dit val saam met die skool se 70ste verjaardagvieringe. Dié makietie kombineer kuier, bier, rugby, spit, dans en musiek en die kaartjies kos slegs R250 elk. Dit is reeds by die skool as adminkantoor beskikbaar en sluit ‘n gratis glas en ‘n bier (330 ml) in. Die makietie vind plaas waneer die Springbokke teen Australië speel, en die wedstryd sal om 17:15 op ‘n groot skerm vertoon word. Ondersteuners is welkom om peuselhappies saam te bring! ‘n Spitbraai sal plaasvind met pap-en-sous, slaai en nagereg ingesluit. Die deure open om 15:00.