
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Afrikaans-Amptelik 100-veldtog is in volle gang. In Klerksdorp word die 100ste bestaansjaar viering van Afrikaans in Junie gevier. Die eerste inskrywings is reeds ontvang vir die bundel wat by Klerksdorp Boekefees die naweek van 31 Oktober en 1 November bekendgestel gaan word.
The B Gallery in samewerking met Klerksdorp Boekefees reel ‘n aand van kuns, musiek, skryfwerk en digkuns. Skrywers, digters, fotograwe en kunstenaars (jonk en oud) word genooi om Afrikaans 100 te vier op papier, in ‘n foto of dit in ‘n kunswerk uit te beeld. Al die wengedigte en -kortverhale sal saam met die kuns en fotografie in die spesiale gedenkbundel gebind word wat by die Klerksdorp Boekefees sal wees.
Gedigte van nie langer as 26 woorde, en ‘n kort-kortverhaal nie langer as 500 woorde kan ingeskryf word. Foto’s en skilderye sal gekeur word om aan die uitstalling deel te neem. Nie meer as drie inskrywings per persoon nie. Inskrywings is ook gratis. Die sluitingsdatum hiervoor is 10 Junie.
Beoordelaars sal die beste kortverhale en gedigte kies wat voorgelees gaan word op 20 Junie en die finaliste laat weet. Kaartjies vir finaliste en gaste is R50. Kos- en drinkgoed is te koop. Stuur ‘n whatsapp na Salomé vir bespreking. Inskrywings vir die bundel kan gestuur word aan Stefaans Coetzee by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.. Skilders kan foto’s van hul werk stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en foto-grawe kan foto’s stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
“Afrikaans is in die hande van haar sprekers. Kom ons vier haar diversiteit, kom ons vier haar reis tot nou en kom ons maak saam ‘n pragtige lappieskombers wat ons taal kan omvou en vir die volgende honderd jaar kan bewaar.”