Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die matrieks van 2023 spog met uitstekende uitslae. Noordwes het ‘n slaagsyfer van 81.6%, met die Dr Kenneth Kaunda-skole op 83.5%. Dit is die beste uitslae wat die provinsie nog in die nuwe bestel opgelewer het. Hoërskole Wesvalia en Schoonspruit en Al Huda Moslemskool van Manzilpark het 100%-slaagsyfers in Klerksdorp. Curro Klerksdorp spog ook met 100% in die onafhanklike eksamenraad se uitslae. KHS het ‘n slaagsyfer van 98.5% (132 matrikulante en 130 het geslaag).
Die uitslae van die ander skole in die gebied is HTS (92.4%), Milner (77.4) Orkney (70.3) en Stilfontein (77.4).

Die nabygeleë Hoërskool Wolmaransstad spog ook met ‘n 100%-slaagsyfer met 73 matrikulante.

In Potchefstroom het slegs Potch Girls High ‘n 100%-slaagsyfer. Gimmies is op 99.5% met een druipeling, Potch Boys is op 82.8% en Hoër Volkskool het ‘n slaagsyfer van 98.3%. 

Groot NW-skole soos Hoërskool Rustenburg het ‘n 99%-slaagsyfer en Hoërskool Lichtenburg is op 97.2%.

- Nog meer nuus oor 2023 se matriekuitslae in die week se Klerksdorp Rekord.