Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Mev Klerksdorp het verlede week ‘n liefdadigheidsprojek afgeskop waarin sy ‘n beroep op die gemeenskap doen om haar te ondersteun in die insameling van toiletware vir die bejaardes van die SAVF/Evanna ouetehuis op Hartbeesfontein.
Lizelle Mahoney wil graag omgeepakkies opmaak om aan bejaarde inwoners van die tehuis uit te deel. ‘n Groot behoefte bestaan vir badseep, waslappe, handdoeke, tandepasta, deodorant en volwasse doeke. Met die winter wat naderkom is komberse en kouse ook ‘n behoefte.
“Baie van die inwoners in Evanna het net hul staatspensioene en oorleef skaars, daar is nie geld vir basiese behoeftes nie. Ek wil hulle graag bystaan en vra almal om saam by te dra sodat ons die las op die tehuis ligter kan maak,’’ sê sy.
Enigiemand wat ‘n bydrae wil lewer, kan vir Lizelle ‘n whatsapp stuur na 074 851 3356. Sy sal skenkings ook oplaai.