Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die jaarlikse Vrouedag Damestee van NG Welsyn vind op 24 Augustus plaas en die kunstenaar wat daar optree is ‘n juweel in die musiekbedryf. Herman Kleynhans staan bekend as ‘n kunstenaar wat die diepte van Suid-Afrikaanse musiek raak met sy sielvolle lirieke en melodieë. Sy huldeblyklied “Dankie” is ‘n roerende ode aan moeders oor die hele wêreld, geskep tydens ‘n tydperk van isolasie en onsekerheid.

Die lied het nie net die harte van luisteraars verower nie, maar ook ‘n ereplek op radiostasies landwyd ingeneem. 

Herman se musikale reis het hom van ‘n ATKV-Cresendofinalis tot ‘n bekroonde sanger en liedjieskrywer geneem. Sy eerste groot oorwinning was met die liedjie “Ek Sweer” in kykNET se Afri-Visie-kompetisie, wat sy talent vir skryf beklemtoon het. Sy samewerking in die duo TWEE het hulle die Ghoema-toekenning as die publiek se gunsteling-duo besorg. 

Die Vrouedag tee wat NG Welsyn aanbied sorg elke jaar vir ‘n reuse inspuiting in die organisasie se geldkas. Vanjaar word dit gehou by Cést la Belle in Wilkoppies plaas en die kaartjies kos R250 elk of R2 500 per tafel. Die kaartjies sluit ‘n ligte ete in.

Bespreek jou kaartjie by San-Marie Lorinda, 018 462 9887.