Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Plaaslike produksiemaatskappy het Rio Casino se Escapadesteater afgestof en beplan om verskeie vertonings daar aan te bied. “Artistique Productions gaan sorg vir ‘n jaar propvol uitstekende vermaak in die Escapades of “Barnyard” soos almal dit onthou by Rio Casino and Convention Resort, “sê Angelique Kleinhans, eienaar. Klerksdorpers moet sosiale media dophou, en vertonings sal ook weekliks in die Midweek geadverteer word.

Op Saterdag 2 Maart maak Juan Boucher ‘n draai by die teater met musiek van sy nuwe album “Die Rower”. 

Kaartjies kos R250 per persoon en is beskikbaar by Bosveld Slaghuis.

Mense moet gou spring, want daar sal met elke vertoning slegs 400 kaartjies te koop wees.

Skakel Angelique by 083 716 5495 vir meer inligting.