Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Riaan Benade se konsert die afgelope Vrydag in die Escapadesteater het omtrent die dak gelig soos die gehoor saamgesing het. Veral met die sing van “Stoom tussen jou en my” het die volgepakte teater soos een man saamgesing. Dié sanger en sy orkes het Klerksdorpers uit sy hand laat eet op Saterdag 8 Junie met sy vertoning by Rio Casino.

Volgens Angelique Kleynhans van Artistique Productions was die vertoning uitverkoop en Benade het sowat twee uur aaneen gesing sonder ‘n pouse - “omdat hy dit so baie geniet het”. Hy het sy nuwe CD, Die Lot, bekendgestel.

Artistique se volgende vertoning is Eloff op 5 Julie in die Escapadesteater.