Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die lede van die WTvl Ou Motorklub is ‘n begeesterde klomp! Die lede en hul spoggerige karre het hul jaarlikse Valentynskattejag op Saterdag 17 Februarie gehou. Al die deelnemers het by Hoërskool Wesvalia bymekaargekom, waar elke paartjie aanwysings gekry het vir die roete en raaisels wat hul moes oplos. Hulle het later by Flamwood Landgoed gebraai. Rooi was die kleur van die dag met dames in rooi klere, ‘n seerower in rooi en rooi hemde en serpe oral. Meer inligting en nog foto’s in Klerksdorp Rekord.