
Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Die Potch Liggiefees helder die studentestad op en talle Klerksdorpers besoek dit elke jaar. Die fees vind vanjaar die tiende keer plaas en die program is propvol top SA sangers wat optree. Vir net R50 kan jy van die beste Afrikaanse kunstenaars beleef, maar die eintlike trekkrag is die miljoene liggies. Dit sluit van die langste liggietonnel in die suidelike halfrond, tot lewensgrootte (en selfs groter) liggiestrukture, en nog meer... Selfs ‘n hele musiekhoek waar die liggies en musiek gekoördineer is.
Wie tree op? Jo Black is op 16 Desember te sien, Ruhan du Toit op 17 Desember, Robbie Wessels op 20 Desember, Ruan Josh op 23 Desember en Ricus Nel op 27 Desember.
Die fees is die kin-derhuis se grootste fondsinsamelingsprojek om te verseker dat hulle vir 230 kinders die beste moontlike sorg kan gee en ook ‘n blink toekoms. Hulle het ook heerlike kosstalletjies, ‘n verskeidenheid van drinkgoed en al jou Kersinkopies is reeds voor gesorg wanneer jy by die LiggieMark kom koop.
Koop nou jou kaartjie aanlyn by https://tinyurl.com/PotchLiggieFees.