Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die 15de Sewesfees het die afgelope naweek plaasgevind en die organiseerders is besig om asem te skep na die opwindende fees. Die fees het op Vrydag 3 en Saterdag 4 Oktober by KHS plaasgevind. Die gholf en rolbal is die vorige naweek afgehandel. Die aksie op die sportveld was rooiwarm en die musiekfees het behoorlik gekook. Volgens Raymond Vermeulen was al die spanne teenwoordig wat ingeskryf het.
Dit beteken 48 rugbyspanne, 64 netbalspanne en 16 hokkiespanne was die naweek in aksie.
Die musiekprogram was uitstaande met onder andere Jo Black, Robbie Wessels, Juan Boucher, Loufi en Barto wat opgetree het. Die ondersteuners het hulle luid togejuig en saamgesing.
“Die datums vir 2026 is nog nie vasgestel nie, maar dit sal die eerste naweek van die Oktober-skoolvakansie wees,” sê Raymond.